Friday, October 3, 2008

Ons gebruik 'n verskeidenheid insekte en ander geleedpotiges om die diversiteit en lewenswyses van insekte te demonstreer. Dit is ons doel om kinders meer bewus te maak van hierdie ekologies uiters belangrike groep organismes waarsonder ons bestaan baie moeilik sou wees.

Van die onderwerpe wat gedek word sluit in:
Die diversiteit van geleedpotiges en veral insekte,
Die belang van insekte in die ekologie,
Insekte en die mens,
Spesiale aanpassings by insekte,
Voorplanting by insekte,
Voeding by insekte,
Verdediging by insekte.

**********************************
Vir verdere navrae en besprekings kontak ons by:
082 403 1692 of juanitadurand@yahoo.com
Besoek ons by: http://natuurwetenskap.blogspot.com/

Die Wonderwêreld van Insekte